Sukkel jy om aan te meld?

As jy sukkel om aan te meld:

  1. Maak seker dat jou gebruikersnaam of wagwoord korrek ingetik is, d.w.s. sonder enige spel- of tikfoute en onnodige spasies. Maak ook seker dat die Caps lock-sleutel af is (wagwoorde is kassensitief).
  2. Verwyder enige wagwoorde wat outomaties gestoor is. Dit sal verseker dat foutiewe wagwoorde nie outomaties deur jou rekenaar of webblaaier ingevoer word nie. Om jou gestoorde wagwoorde na te gaan, raadpleeg jou webblaaier se instellings en soek vir die webblaaier se wagwoordbestuurder (gewoonlik Saved passwords of Manage passwords onder Preferences, Settings of Options te vinde). Soek vir pharosonline.co.za of pharosaanlyn.co.za en verwyder die gestoorde wagwoord (klik op die x wat verskyn as jy op ’n wagwoord hang).
  3. Herstel jou wagwoord deur die onderstaande skakel te gebruik. Onthou om asb. jou PharosAanlyn-gebruikersnaam as e-posadres te gebruik. Indien jy nie ’n e-pos ontvang met ’n skakel om jou wagwoord te herstel nie, kyk of dit nie dalk in die gemorsposlêer (spam- of junk-lêer) beland het nie. Maak ook seker dat jou e-posprogram of antivirusprogram nie e-posse van @cheymaxim of @pharos keer nie. As jy die e-pos nie in jou gemorsposlêer is nie, stuur asb. ’n e-pos aan pharos@pharos.co.za en ons sal jou wagwoord vir jou herstel.

Herstel wagwoord

Wenk

PharosAanlyn het ’n onthou my-funksie. Wanneer die funksie geaktiveer is (klik op die keuseblokkie), word jou gebruikersnaam, wagwoord en woordeboekkeuses outomaties gestoor. Jy hoef dus nie meer herhaaldelik in te teken of jou woordeboeke te kies nie. Maak net die webwerf of jou webblaaier toe (moenie op teken uit klik nie) en as jy weer die webwerf oopmaak sal jy steeds aangemeld wees met dieselfde woordeboekkeuses van jou vorige sessie. *

* Nie geldig vir gebruikers met IP-toegang nie

Kan jy steeds nie inteken nie?


Kontak ons