Privaatheidsbeleid

  1. NB-Uitgewers moet alle redelike stappe doen om die gebruiker se persoonlike inligting te beskerm. Geen persoonlike inligting sal aan derde partye verskaf word sonder die gebruiker se toestemming of deur middel van die behoorlike prosedures nie.
  2. NB-Uitgewers is gemagtig om die volgende inligting van jou in te win, te bewaar en te gebruik: Naam en van; Geboortedatum; Geslag; Burgerskap; Naaste stad; Nie-persoonlike klikpatrone; E-posadres; IP-adres, en ID- of paspoortnommer. Hierdie inligting word óf elektronies met die gebruik van “koekies” ingewin óf word vrywillig deur jou verskaf. Jy kan die gebruik van “koekies” onafhanklik met jou persoonlike soekenjin-instellings reguleer.
  3. Deur hierdie webtuiste te gebruik, stem jy daartoe in dat NB-Uitgewers die bogemelde inligting mag inwin, bewaar en gebruik om van tyd tot tyd met jou te kommunikeer. Gebruikers kan aandui dat hulle nie sodanige kommunikasie wil ontvang nie.
  4. NB-Uitgewers mag enige inligting wat nie op enige spesifieke individu betrekking het nie, saamstel, gebruik en deel, en NB-Uitgewers besit en behou alle regte, insluitend kopiereg, ten opsigte van die databasis van nie-persoonlike statistiese inligting wat deur NB-Uitgewers ingewin en saamgestel is.
  5. NB-Uitgewers mag geen persoonlike inligting van jou openbaar maak tensy jy daartoe instem of tensy dit vir enige regsproses nodig is nie.